Uitheemse plante

Uitheemse plante is plante van elders wat, hoofsaaklik deur die verspreiding deur mense, in gebiede gevestig is wat nie hul natuurlike habitat is nie. Dit maak dié plante nie noodwendig ongewens nie maar dit kan in sommige gevalle met inheemse plante meeding om water en voeding en dit selfs verdring.

Die Afrikaanse woord uitheems, wat vreemd, buitelands of eksoties beteken, kom van Nederlands. Dit is saamgestel uit uit en heem, wat Nederlands is vir woonplek.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search